Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | 1962–1988 |
Konfigurasie | Inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat |
|
Boorwydte | 82 mm, 84 mm, 89 mm |
Slaglengte | 71 mm, 80 mm |
Blok | Gietyster |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | EBNA |
Brandstoftipe | Petrol |
Brandstofstelsel | Solex vergasser Stromberg carburettor Kugelfischer meganiese brandstofinspuiting |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Geen |
Opvolger | BMW M40 |
Die BMW M10 is 'n viersilinder-petrolenjin met 'n enkelbonokas wat van 1962-1988 vervaardig is. Dit was BMW se eerste viersilinderenjin sedert die produksie van die BMW 309 in 1936 en is in die New Class-sedan bekendgestel.
Meer as 3,5 miljoen M10-enjins is gedurende die 26-jaarproduksie van die M10 vervaardig, en dit is in baie BMW-modelle gebruik. [1]
Die BMW M12-turbo-enjin, wat in Formule Een-renne gebruik is, was gebaseer op die M10-enjinblok en het tot 1030 kW in kwalifiserende instelling gelewer.
Na die bekendstelling van die BMW M40- enjin in 1987, is daar begin om die M10 uit te faseer.